_16A3892-Edit
Kos

Lamflenters met olywe en tamatie

Die lam word stadig in die oond gebak soos bredie. Die gereg het geen stysel in nie.

genoeg vir 6

• 45 ml olyfolie
• 2 uie, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 30 ml heel komynsaad
• 20 ml heel karwysaad
• 2 ingelegde suurlemoene, fyngekap
• 6 tamaties, grofgekap
• 1 x 410 g-blik tamatiepuree
• 500 ml beesaftreksel
• 1,5 kg lamsblad aan die been
• sout en varsgemaalde swartpeper
• 200 g ontpitte groen olywe
• 400 g kersietamaties, gehalveer
• hand vol koljanderblare, grofgekap

Verhit oond tot 140 °C. Verhit olie tot warm in groot oondvaste pot met deksel. Voeg uie, knoffel, komyn, karwy en suurlemoen by. Roerbraai 5 – 8 minute of tot uie begin verbruin. Voeg tamaties, puree en aftreksel by en meng deur. Bring tot kookpunt en plaas lamsblad in die sous. Geur goed met sout en peper. Maak pot toe en plaas vir 6 uur in oond of tot vleis van been wegtrek. Vlok vleis van been af en plaas terug in vleissous. Meng olywe, kersietamaties en koljander by. Sit voor.

Ontleding per porsie

kilojoules 2050;

koolhidrate 17 g;

proteïen 27 g;

vet 34 g