sarie080
Kos

Lamsvleisburger met mozzarella-kaas en hoemoes

genoeg vir 6

Verhit oond tot 180 °C. Verhit 30 ml olyfolie in ’n pan. Braai 1 fyngekapte ui en 2 fyngekapte knoffelhuisies tot sag. Laat afkoel in mengbak. Kap 5 kraakbeskuitjies baie fyn. Voeg by uiemengsel, asook 500 g lamsmaalvleis, 10 ml sout, 5 ml varsgemaalde swartpeper en 1 eier. Meng en vorm 6 patties. Verhit 15 ml olyfolie in riffelpan en braai patties weerskante tot gaar.

Halveer 6 broodrolletjies en plaas 2 stukke botterblaarslaai op onderste helfte van elke rolletjie. Pak patties op ’n bakplaat en sit 1 sny mozzarella-kaas op elke patty. Plaas in warm oond tot kaas net gesmelt het.

Haal uit en pak ’n gaar patty op elke rolletjie met slaai. Skep 15 ml hoemoes op elke patty, asook so 3 stukke gemarineerde artisjok. Rond af met basiliekruid-mikrokruie. Bedek met boonste helfte van rolletjie.