Rysgereg:Soetrissies en mielies

Rysgereg:Soetrissies en mielies FOTO: Micky Hoyle

Middel van die week

Rysgereg:Soetrissies en mielies

Rysgereg:Soetrissies en mielies, met skop

Met net een koppie rys kan jy wonderlike geregte optower- die meeste  van hulle in net een pan

Genoeg vir 4 Kap 1 ui fyn. Halveer 1 geel soetrissie en 1 oranje soetrissie en verwyder vleesriwwe en pitte. Sny soetrissies in blokkies. Sny pitte af van 2 mieliestronke. Verhit 80 ml olyfolie in ’n diep pan en braai ui, soetrissies, mielies en 2 fyngekapte knoffelhuisies sowat 3 minute. Geur met sout en peper. Voeg 250 ml langkorrel-witrys by en braai 1 minuut. Voeg 750 ml groente-aftreksel by en laat prut tot rys gaar en meeste vloeistof afgekook het. Kap ’n hand vol pietersielie fyn en voeg by rys. Meng deur. Garneer met vars pietersielie.

Rysgereg:Soetrissies en mielies

Rysgereg:Soetrissies en mielies
FOTO: Micky Hoyle