Kos

’n Vingerlek-ete vir ’n besige aand

Gelukkig kan bedrywige mense ure voor die potte, of die gestaar na ’n
leë koskas, vermy met wegneemetes van KFC

Of dit nou vir een van daardie woelige aande is of net vir ’n lekker bederf, kolonel Harland Sanders se geheime speseryresep vir gebraaide hoender bly ’n gerusstellende alternatief. Nie net is dit vingerlek-lekker nie, maar danksy navorsing, tegnologie en jare se ondervinding het KFC ’n betroubare standaard ontwikkel om te verseker dat jy en jou gesin die varsste en smaaklikste hoendergeregte kry.

En dít het ons joernalis self gesien tydens ’n besoek aan die KFC-kombuis.

Die yskas in die KFC-kombuis lyk nie veel anders as ’n tuiskombuis nie – dis net groter! Dit is volgepak met net die varsste bestanddele – hoender, asook tamaties, blaarslaai en suiwelprodukte. En dit kom van dieselfde plase wat aan ons supermarkte voorsien. Die vinnige diens is nie as gevolg van massaproduksie nie, maar eerder die doeltreffende personeel wat individuele aandag aan elke stukkie hoender gee. Om die hoenderstukke reg te bedek met ’n mengsel van meel en die geheime speserymengsel kan ’n personeellid weke neem om te bemeester. Ons joernalis het self probeer om ’n hoenderstukkie te bedek en te braai, en sy vertel hoewel dit groot pret was, het dit glad nie so lekker uitgekom nie. Dit neem ’n geoefende hand om daardie lekker krummel-omhulsel van ’n regte KFC-hoender te kry.

Elke snit van die hoender word anders hanteer – ’n vlerkie se braaityd en raklewe verskil bv. van ’n pop s’n en alles word fyn met tydmeters gemonitor. Só verseker KFC dat net die varsste kos by die honger kliënt uitkom. Elke 5 minute in die KFC-kombuis is daar ’n piep-geluid om aan te dui dat ’n produk gereed is om opgedien te word. KFC se kos is nie net ’n gerieflike en lekker ete nie, dis boonop gerusstellend om te weet dat die personeel in die kombuis goed opgelei is en dat die bestanddele vars en skoon is.

_MG_4837 copy

KLIK by www.kfc.co.za of ‘like’ KFC SA se Facebook-blad hier