Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 13/JAN 14

Lae vet

Aarbei-granita

Granita is die gesonde weergawe van roomys, en sorbet se ander suster.
Genoeg vir 6

• 900 g aarbeie, vars of bevrore
• 200 g (250 ml) suiker
• 500 ml water
• sap en skil van 2 suurlemoene
• 5 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele saam in middelslag-pot en bring tot kookpunt. Laat kook 5 minute. Laat effens afkoel en puree met staafmenger (stick blender) tot gladde mengsel. Gooi in plat vrieskasbestande bak en laat vries 4 – 6 uur of oornag tot hard. Krap met vurk se tande oor die oppervlak van die mengsel om kristalle te vorm. Skep boonste laag kristalle af en hou in vrieskas. Krap mengsel weer, skep kristalle af en hou in vrieskas. Hou só aan tot mengsel op is. Sit voor met nog vars vrugte.