Nagereg

Aarbei-wafers

(sowat 7 wafers of 2 liter semifreddo)

  • 800 g aarbeie
  • 30 ml suiker
  • 3 eiers
  • 2 eiergele
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 220 g (260 ml) strooisuiker
  • 500 ml room
  • 14 wafer-koekies

Kap aarbeie en suiker saam fyn in voedselverwerker. Hou eenkant. Plaas eiers, eiergele, geursel en strooisuiker in ‘n bak wat oor ‘n kastrol met kookwater pas. Klits mengsel (verkieslik met ‘n elektriese handklitser) in bak oor kookwater tot dik en lig van kleur. Haal bak van kastrol af en laat effens afkoel. Klop room styf en vou in eiermengsel in. Vou aarbei-mengsel in. Giet oor in ‘n groot bak van so 7 cm diep wat in jou vrieskas kan gaan. Bevries oornag. Sny lang stroke semifreddo uit en sny stukke wat so groot soos die wafers is daaruit. Plaas wafers weerskant van elk stuk roomys. Sny roomys wat uitsteek af. Draai elke wafer met kleefplastiek toe en plaas terug in vrieskas totdat jy dit wil voorsit.