Foto deur Mickey Hoyle SARIE KOS FEB/MRT 2014

Nagereg

Amandel-florentines met roomys

Dié Italiaanse koekie bevat neute en soms ook geglasuurde kersies.
Sowat 18 florentines

• 80 g (90 ml) botter
• 75 ml room
• 15 ml goue stroop
• 105 g (125 ml) strooisuiker
• 15 g (30 ml) koekmeel
• 200 g gevlokte amandels
• fyngerasperde skil van 1 lemoen
• 2,5 ml vanieljegeursel
• knippie sout
• 100 g donkersjokolade
• vanieljeroomys

Stap 1. Verhit oond tot 180 °C. Plaas botter, room, stroop, suiker en meel in ’n pan. Roer tot botter en suiker gesmelt het. Hou aan roer tot dit begin kook.

 

Amandel-florentines met roomys stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Haal af van hitte en voeg amandels, lemoenskil, geursel en sout by. Meng goed deur. Laat afkoel vir 15 – 20 minute.

 

stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Skep eetlepels vol op uitgevoerde bakplaat – ’n taamlike entjie van mekaar af. Maak hande nat met water en druk koekies plat. Plaas in oond en bak 15 – 20 minute. Die koekies moet mooi goudbruin wees. Haal uit en as dit gesprei het, druk met ’n mes bymekaar. Laat heeltemal afkoel op bakplaat.

 

stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Smelt sjokolade oor ’n bak met gekookte water. Smeer een kant van elke koekie met gesmelte sjokolade en laat afkoel en hard word. Plaas een koekie met sjokoladelaag na bo op ’n opdienbord en skep ’n groot bal roomys bo-op. Plaas nog ’n koekie bo-op en sit dadelik voor.

 

stap 4

Stap 4