Micky Hoyle

Lae GI

Amandelkoekies

RESEP LEWER: 48 KOEKIES
PORSIEGROOTTE: 2 KOEKIES

  • 325 ml (155 g) koekmeel
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml koeksoda
  • 2,5 ml sout
  • 325 ml (117 g) rou hawermout
  • 85 ml (80 g) sagte margarien
  • 125 ml ongegeurde vetvrye jogurt
  • 125 ml (100 g) suiker
  • 5 ml amandelgeursel
  • 2 groot eiers, geklits
  • 125 ml (40 g) amandelvlokkies
  • 100 g droë bosbessies
  1. Verhit oond tot 170 °C.
  2. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Roer die rou hawermout by en hou eenkant.
  3. Plaas margarien in mengbak en klits jogurt geleidelik by. Voeg suiker geleidelik by die margarienmengsel en klits voortdurend. Roer die geursel, eier, amandelvlokkies en bosbessies by.
  4. Voeg droë bestanddele by geroomde mengsel en meng tot ’n klewerige deeg. Skep hoogvol teelepels van die deeg op gesmeerde bakplate. Druk die deeg effens platter.
  5. Bak vir 15 – 20 minute tot strooikleurig en gaar. (Die koekies bly effens sag, soos rotskoekies.) Laat koekies op die bakplate afkoel.