Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Nagereg

Appel-en-meringue-plesier

(6 porsies)

  • 1 blik (385 g) appelskywe
  • 30 ml suiker
  • 40 g meringues
  • 500 ml room, styfgeklop
  • 100 g okkerneute, grofgekap

Plaas appelskywe in ‘n bak en sprinkel suiker oor. Laat staan vir sowat 2 minute. Breek meringues grof en plaas een laag in ‘n opdienbak. Skep van die room bo-op en sprinkel van die neute oor. Skep ‘n laag appels op en herhaal. Sit dadelik voor.