Nagereg

Appel-en-roosblaar-roomys

  • 4 sterk-gegeurde organiese roosknoppe
  • 425 ml room
  • 450 g groen appels, geskil en opgesny
  • 100 ml water
  • sap van 1 suurlemoen
  • 150 g strooisuiker
  • 5 eiergele
  • 100 g heuning
  • 15 ml Chinese roostee-blare (by deli’s)
  • 1 appel, in klein blokkies gesny
  • 20 ml olyfolie
  • knippie tiemie
  • 4 kruisementblare, gekap

Verwyder die roosblare van die knoppe. Sit die blare saam met die room in ’n kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Haal van die hitte af en laat staan vir 1 uur. Syg die room deur ’n sif en gooi die roosblare weg. Kook intussen die appels in die water en suurlemoensap tot sag. Laat afkoel en puree tot glad. Voeg die strooisuiker by die puree. Klits die eiergele saam met die afgekoelde room. Voeg die appelpuree by en gooi die mengsel in ’n kastrol. Verhit terwyl jy die heeltyd roer. Die mengsel moet dik word, soos vla. Jy kan ’n klein bietjie pienk kleursel byvoeg as jy nie tevrede is met die kleur nie. Haal van die hitte af en laat afkoel. Volg die aanwysings van jou roomysmasjien, of gooi die mengsel in ’n vlak bak wat in die vrieskas kan gaan. Roer so elke uur om die yskristalle op te breek. Meng die heuning en roostee met die appelblokkies, olyfolie, tiemie en kruisement. Skep die roomys in mooi glase en sit voor saam met die appelblokkie-mengsel. Vir die mooi kan jy klein roosknoppies bo-op rangskik.

Om te drink
’n Glasie koue wit muskadel van Nuy.