IMG_20140203_202019
Kosstories

Bak stap vir stap saam met Klits-en-klets Kok: Somer-vrugtekoek

Die somer bring soveel vrugte en ek kan net eenvoudig nie verbystap en nié koop nie. Daarom sit ek dikwels met ’n yskas vol somervrugte waarmee ek iets wil doen.

Dié week bak ek met die sagste nektariens of kaalperskes. Ek nooi jou saam om hierdie heerlike vrugtekoek te bak – en wys jou stap vir stap hoe.

Somer-vrugtekoek met nektariens

6 nektariens

Stroop

  • 20 ml heuning
  • 40 g botter
  • 50 g suiker
  • 100 ml water

Koek

  • 250 ml suiker
  • 2 eiers
  • 150 ml jogurt
  • 50 ml appelkooskonfyt
  • 400 g koekmeel
  • 7 ml bakpoeier
  • 7 ml koeksoda
  • 2 ml sout
  • mascarpone of geklopte room

Stap 1: Sny nektariens in skywe

IMG_20140203_201200

Stap 2: Plaas al die bestanddele vir die stroop in ’n pan en  verhit oor hoë hitte. Kook tot n stroop.

IMG_20140203_201337

Stap 3: Voeg die vrugteskywe by die stroop en kook vir 30 sekondes.

IMG_20140203_201449

Stap 4: Pak die nektariens onderin ’n voorbereide koekpan. Giet stroop bo-oor.

IMG_20140203_201618

Stap 5: Verroom suiker en eiers saam op ’n hoë spoed tot lig en romerig. Voeg jogurt en konfyt by en meng goed. Sif droë bestandele saam en vou in by die mengsel. Skep die mengsel oor nektariens.

IMG_20140203_201753

Stap 6: Bak vir 35 – 40 minute by 180ºC. Keer uit op ’n draadrak en laat afkoel. Sit voor met room of mascarpone.

IMG_20140203_202145

IMG_20140203_202019

Dié stap-vir-stap foto’s is op Instagram met die hashtag #koskiekie. Vir nóg #koskiekies, volg @klitsenkletskok op Instagram.

Deel ook foto’s van jou kos met die hashtag #koskiekie en staan die kans dat jou foto op SARIE.com se webtuiste kan verskyn.

Lekker bak!

Klits-en-Klets Kok

Liezl

Klits-en-Klets Kok Volg my ook nou hier en kook saam

Twitter: @KlitsenKletsKok

Facebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok

Indien jy een van die Klits-en-klets-blogs gemis het, klik HIER.