Nagereg

Bessie-meringue-trifle

(2 porsies)

  • 350 g vars of bevrore frambose (raspberries)
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 8 klaargekoopte meringues
  • 250 ml room, styfgeklop
  • 100 g swartbessies, vir versiering

Plaas die frambose in ’n mengbak en gooi suiker oor. Meng goed. Breek meringues in stukke. Ek gebruik ’n lang glas, maar jy kan enige bakkie of glas gebruik. Skep van die gebreekte meringues onderin. Skep geklopte room bo-op en dan ’n lagie frambose. Herhaal die lae. Skep room bo-op en rond af met die swartbessies. Sit dadelik voor.

Ons soek SA se lekkerste trifle. Skryf jou resep hier in