Nagereg

Met ys, ja! Bevrore vanielje-en-kersie-jogurtroomys

(1 liter)

• 400 g vars kersies, ontpit
• 30 ml strooisuiker
• 1 liter vanieljejogurt
• vars kersies vir voorsit

Sny kersies in stukkies en plaas in bakkie. Gooi strooisuiker oor en maak toe met kleefplastiek. Plaas in yskas en laat staan sowat 2 uur tot yskoud. ’n Stropie sal onderin die bak vorm.

Voeg kersies met stroop en al by die jogurt. Meng goed deur.

Plaas in ’n roomysmasjien en volg die instruksies. As jy nie so ’n masjien het nie, gooi die mengsel in ’n vlak metaalbak. Maak toe met kleefplastiek en plaas in vrieskas. Laat staan sowat 2 uur tot yskristalle begin vorm, haal uit en roer mengsel met ’n vurk.

Maak weer toe met kleefplastiek en plaas terug in vrieskas. Laat verder vries en herhaal proses tot heeltemal gevries. Sit voor met vars kersies.

[box:full:grey:both]

WENK

Jy kan die kersies met aarbeie of ander vrugte van jou keuse vervang. As jy nie vanieljejogurt kry nie, koop Griekse jogurt en voeg net ’n klein bietjie vanieljegeursel of die sade van ’n vanieljepeul by.

[/box]

NOG KOEL RESEPTE IN DIE FEBRUARIE/MAART 2013 SARIE KOS (bl. 64 – 71)

Waatlemoen-granitaGegeurde ysblokkies

  • Waatlemoen-granita
  • Gegeurde ysblokkies
  • Aarbei-ysstokkies
  • Bloubessie-ysstokkies
  • Framboos-ystee
  • Bevrore druiwe

TYD RAAK MIN! ONTHOU OM JOU SARIE KOS FEBRUARIE/MAART 2013 BY JOU SARIE KOS-VERSAMELING TE VOEG.

TEKEN IN OP SARIE KOS OM JOU GUNSTELING KOSTYDSKRIF OF IN JOU POSBUS, OP JOU REKENAAR OF OP JOU TABLET TE LEES