Nagereg

Camembert en brie met rooiwynstroop

  • 500 ml rooiwyn
  • 320 g (400 ml) suiker
  • genoeg brie en camembert vir jou gaste

Plaas rooiwyn en suiker in ‘n kastrol. Roer terwyl jy dit verhit. Wanneer die suiker opgelos is en die mengsel begin kook, draai jy die hitte af en laat dit vir sowat 15 minute prut tot verdik. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Plaas Simonsberg-camembert en -brie op ‘n kaasbord en gooi stroop oor. Sit voor met vars vrugte en bessies van jou keuse.

besoek www.simonsberg.co.za vir meer inligting.

Die Simonsberg-reeks sluit camembert, camembert met Madagaskar-groenpeper, brie en cambrieni in. (Cambrieni is uniek aan Simonsberg. Dis ‘n kombinasie van die brie-en camembert-resepte en is die perfekte grootte vir onthaal.)