FOTO Donna Lewis

Nagereg

Churros met sjokoladesous

(4 – 6 porsies)

  • 250 ml water
  • 125 ml botter
  • 2 ml sout
  • 80 ml suiker
  • 140 g (250 ml) koekmeel
  • 3 eiers
  • sonneblomolie vir diepbraai
  • 100 g donkersjokolade, fyngekap
  • 250 ml room

Plaas water en botter in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot botter gesmelt is. Voeg sout, suiker en meel by.Meng goed met ‘n houtlepel tot alles in ‘n bal saamkom. Verwyder van plaat en voeg eiers een vir een by terwyl jy goed meng ná elke byvoeging. Skep beslag in ‘n spuitsak met ‘n 1 cm-tuit. Verhit olie tot matig warm. Spuit lang worse van sowat 10 cm in die warm olie en braai stadig tot goudbruin en gaar, sowat 5 – 8 minute. Bring room tot kookpunt, gooi oor gekapte sjokolade en roer tot ‘n gladde mengsel. Sit warm churros voor met sjokoladesous.

wenk

Pasop dat die olie nie te warm is nie, want die churros gaan brand voor dit in die middel gaar is.