Foto's deur Micky Hoyle

SARIE KOS OKT/NOV 2012

Foto's deur Micky Hoyle SARIE KOS OKT/NOV 2012

Nagereg

Sjokoladeterrien

EEN 18 X 6 CM-GROOT TERRIEN

  • 250 g donkersjokolade
  • 50 ml brandewyn
  • 250 g sagte, ongesoute botter
  • 50 g strooisuiker
  • 2 eiers, geskei
  • 100 g gepelde amandels, gekap
  • 140 g vanieljekoekies, gebreek
  • versiersuiker om bo-op te sif
  • room vir voorsit

Voer ’n terrien-pan met kleefplastiek uit. Smelt sjokolade oor kastrol met warm water. Roer so af en toe. Wanneer sjokolade gesmelt is, voeg brandewyn by. Laat afkoel tot kamertemperatuur. Room botter, suiker en eiergele saam tot lig en romerig. Voeg amandels en gesmelte sjokolade by. Vou gebreekte koekies in. Klits eierwitte tot sagtepuntstadium en vou in. Skep in bak en plaas in yskas vir minstens 4 uur. Sif versiersuiker oor en sit voor met styfgeklopte room.

Wenk: Moenie die koekies heeltemal fynmaak nie, want dit kan die tekstuur van die terrien verander.