Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Laktosvry

Framboos-en-aarbei-roomys

Bessies is propvol antioksidante en vitamien C, en dit smaak ook nog lekker.
Genoeg vir 10

• 350 g frambose, vars of bevrore
• 125 g aarbeie, vars of bevrore
• 200 g (250 ml) suiker
• 250 ml laktosevrye jogurt
• 500 ml laktosevrye vla

Plaas frambose, aarbeie, suiker en jogurt in middelslag-pot en bring tot kookpunt oor medium-hitte. Roer tot suiker gesmelt het. Verwyder van hitte en puree by hoë spoed in voedselverwerker tot mengsel glad is. Roer vla by. Gooi in vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Roer elke 20 minute met draadklitser. Herhaal tot mengsel dik en romerig is. Smeer plat en vries verder tot gestol. Sit balle roomys voor met ekstra bessies.