Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS AUG/SEP 2012

Nagereg

Framboos-en-nougat-roomys

Frambose is nie altyd in seisoen nie. Dié nagereg werk uitstekend met bevrore frambose, wat heeljaar oral in supermarkte beskikbaar is.

Genoeg vir 4 liter roomys
Vriestyd: verkieslik oornag

  • 200 g nougat
  • 1 pak (400 g) bevrore frambose
  • 210 g (250 ml) strooisuiker
  • 4 liter vanielje-roomys, effe sag, maar nie heeltemal gesmelt nie

Stap 1. Sny nougat in klein blokkies.

 

Stap 1

Stap 1

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 2. Plaas bevrore frambose en strooisuiker in jou voedselverwerker en verpulp tot ’n puree.

 

Stap 2

Stap 2

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3. Roer die roomys effe en skep ’n laag roomys onderin ’n groot bak. Smeer van die framboospuree bo-op.

 

Stap 3

Stap 3

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 4. Sprinkel van die nougat-blokkies oor. Skep nog ’n laag roomys bo-op. Sprinkel weer nougat oor, en volg met nog ’n laag roomys. Maak mooi patrone met die framboospuree bo-op en maak toe met kleefplastiek. Plaas in jou vrieskas tot die roomys hard is.

 

Stap 4

Stap 4

 

 

 

 

 

 

 

 

4 Feite oor Frambose
1. Dié rooi vruggie bevat baie vesel, al kan jy dit nie sien nie.
2. Dis ’n goeie bron van vitamien C en E.
3. Frambose bevat minder suiker as ander vrugte, daarom gaan dit wonderlik saam met nageregte wat taamlik baie suiker bevat.
4. Jy kan ’n klein bietjie suiker oor frambose sprinkel as dit nie vir jou soet genoeg is nie, maar op hul rypste is frambose heerlik soet.