FOTO Micky Hoyle

FOTO Micky Hoyle

Nagereg

Framboos-en-witsjokolade-terrien

8 – 10 porsies

• 250 ml room
• 200 g witsjokolade
• 250 g frambose
• 6 Boudoir-koekies
• 100 g witsjokolade-sirkels
• versiersuiker vir oorsif

Verhit room tot net voor kookpunt. Plaas sjokolade in bak en gooi warm room oor. Laat staan tot sjokolade gesmelt is. Plaas in yskas en laat heeltemal koud word. Voer intussen ’n 12 cm x 25 cm broodpannetjie uit met kleefplastiek. Pak frambose styf teen mekaar onderin pannetjie. Wanneer witsjokolade-mengsel baie koud is, klits dit versigtig stywer. Moenie te veel klits nie, dan skei dit. Gooi ’n laag daarvan op bessies en pak die koekies bo-op. Gooi die res van die witsjokolade mengsel bo-op en maak toe met kleefplastiek. Sit terug in yskas, verkieslik oornag. Keer uit net voor dit voorgesit word en sif versiersuiker oor. Rond af met witsjokoladeskaafsels.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG