Donna Lewis

Nagereg

Framboos-sorbet-en-pistasie-roomys-terrien

Kleintyd was somer waatlemoentyd.
Verras met dié terrien wat lyk soos een, maar anders
proe.
genoeg vir 10

  • 1 liter vanielje-roomys
  • 100 g pistasieneute, fyngemaal
  • 2 ml groen koskleursel
  • 500 ml framboos-sorbet
  • 100 g sjokolade-splinters
  • 280 g sjokolade-madeirakoek

Plaas vanielje-roomys in groot mengbak en maak sag met groot metaallepel – dit moet nie
heeltemal gesmelt wees nie maar eerder soos sag geklopte botter lyk.
Voeg neute en kleursel by. Meng deur. Skep mengsel in 25 cmbroodpan
wat met kleefplastiek uitgevoer is. Plaas in vrieskas vir 2 uur of tot buitenste laag van
roomys gestol is. Skep middelste sagte deel uit. Maak sorbet sag in mengbak en vou sjokoladesplinters in. Skep sorbet in die holte waar jy vanielje-roomys
uitgeskep het. Plaas vir 2 – 4 uur of oornag in vrieskas. Sny madeirakoek
in dun skywe en plaas boop gestolde roomys. Keer uit pan en verwyder kleefplastiek.
Sit voor.