Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Nagereg

Franse roosterbrood met aarbeie

4 porsies

  • 4 Engelse muffins
  • 2 eiers
  • 15 ml melk
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
  • 60 ml botter
  • 250 g mascarpone-kaas
  • heuning om oor te gooi
  • 8 aarbeie, in skywe gesny

Halveer die muffins. Klits eiers en melk saam en geur met sout en peper. Smelt botter in pan. Doop muffinhelftes in eiermengsel. Braai weerskante in botter tot goudbruin. Skep ’n lepel mascarpone-kaas bo-op en gooi heuning oor. Plaas aarbeie bo-op en sit voor.