Foto deur Micky Hoyle
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS APR/MEI 2014

Nagereg

Gebottelde rooiwynpere

Dis baie nuttig om ’n bottel rooiwynpere in jou koskas te hê wanneer gaste onverwags vir ete opdaag.
Genoeg vir bottel met volume van 1 liter

• 9 middelslag-pere
• 1½ bottel rooiwyn
• 165 g (205 ml) suiker
• 2 kaneelstokke
• 3 ster-anys-sade
• skil van 2 suurlemoene, in lang dun repe gesny

Skil die pere, maar behou die stingels, en plaas in water met ’n bietjie sout. Bring rooiwyn, suiker, kaneel, ster-anys en skil in ’n groot kastrol tot kookpunt. Roer tot die suiker opgelos is. Plaas die pere heel in die rooiwynmengsel, bedek en laat kook ongeveer 25 minute tot sag (draai pere nou en dan om). Pak pere met kaneelstokke, ster-anys en repe suurlemoenskil in ’n gesteriliseerde bottel. Vul bottel met rooiwynstroop en maak styf toe. Laat afkoel. Jy kan dit ’n week in die yskas hou.