Foto deur Micky Hoyle SARIE KOS FEB/MAART 2013

Drankies

Gegeurde ysblokkies

Maak vrugte-ysblokkies om saam met tee of mengeldrankies voor te sit. Ek het frambose en vars kersies gebruik.

  • vars frambose
  • vars kersies
  • vars kruisement

Kook water in ’n ketel. Gooi uit in ’n beker en laat heeltemal koud word. Dit sorg vir helder, deurskynende blokkies. As jy ongekookte kraanwater gebruik, sal jou ysblokkies minder deursigtig wees. Gebruik ’n silikoon-ysbakkie om blokkies te maak – dis makliker om uit te kry. Gooi klein bietjie water in elke holte in die ysbakkie en sit in die yskas. Laat hard vries. Haal uit en sit dan ’n framboos, vars kersie of kruisement-blaartjie op die ys. Vul op met water en laat vries.