Nagereg

Gekaramelliseerde appel-bruschetta

4 porsies

  • 4 groen appels
  • 60 ml botter
  • 130 g (160 ml) geelsuiker
  • 4 ml fyn kaneel
  • 4 snye wit brood − gebruik klaargesnyde brood, ciabatta, Portugese brood of brood van jou keuse
  • 250 ml room, effens styfgeklop

Ontklok die appels. Sny met skil en al in kwarte. Sny elke kwart in die helfte. Plaas botter en suiker saam in ’n pan en laat smelt terwyl jy roer. Voeg appelstukke en kaneel by en prut, terwyl jy nou en dan roer, tot sag. Verhit ’n riffelpan en braai brood weerskante bros. Skep appels bo-op elke sny en sit voor met room.

Om te drink
Oranjerivier 2009 Chenin Blanc