Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Gesonder grenadella-meringue

Resep lewer: 20 helftes

porsie grootte: 2 helftes

  • 250 ml grenadella-pulp (sowat 10 grenadellas), hou halwe doppe vir voorsit
  • 125 g suiker
  • 125 ml laervet-room
  • 4 eiers, geskei
  • 20 ml mielieblom
  • 5 ml vlapoeier
  • 200 g soet semelkoekies (digestive biscuits)
  • 125 g strooisuiker

Plaas grenadella-pulp, suiker en room in ‘n voedselverwerker en verwerk vir 2 minute. Gooi mengsel deur ‘n sif sodat pitte agterbly. Skep 1 eetlepel pitte terug in gedreineerde mengsel. Klits eiergele, mielieblom en vlapoeier tot glad. Plaas grenadella- en eiermengsel in ‘n dikboom-kastrol. Verhit mengsel oor lae hitte en klits met ‘n ballon-draadklitser tot glad en dik. Gooi mengsel dadelik uit warm kastrol in ‘n bak en bedek met kleefplastiek tot afgekoel. Breek semelkoekies in growwe stukke en verdeel tussen grenadella-doppe. Maak doppe tot bo vol met grenadella-smeer. Klits eierwitte tot sagte punte vorm. Voeg strooisuiker geleidelik by en hou aan klits tot blink en glad. Skep lepels vol van meringue bo-op elke grenadella-dop. Brand meringue bruin met blaasvlam of rooster onder die oondelement.