Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Gesonder lemoen-yskaskaaskoek

Jy kan enige soort jogurt gebruik. Probeer vrugtejogurt of selfs die soort met sjokoladesplinters in

Resep lewer: 8 skywe
Porsie grootte: 1 skyf

kors

  • 150g Digestive-beskuitjies
  • 50 g laevet-margarien, gesmelt

vulsel

  • 10 ml droë gelatien
  • 20 ml water
  • 125 ml laevet-room (reduced fat)
  • 275 ml Bulgaarse laevetjogurt
  • 5 – 10ml fyngerasperde suurlemoen- of lemoenskil
  • 25 ml vars suurlemoensap
  • 130 g (160 ml) witsuiker
  • 80 ml water
  • 2 groot eierwitte

bolaag

  • 2 groot lemoene, geskil en in dun skywe gesny

Verwerk die beskuitjies in ‘n voedselverwerker tot fyn. Meng met gesmelte margarien tot ‘n klam mengsel. Druk krummelmengsel vas in ‘n tertpan van 25 – 30 cm. (Indien ‘n 25 cm-pan gebruik word, moet dit minstens 5 cm diep wees.) Verkoel tertkors tot benodig. Week gelatien in water. Verhit room tot kookpunt en roer geweekte gelatien daarby tot dit gesmelt is. Sit jogurt, skil, sap en roommengsel in ‘n mediumgroot mengbak. Klits mengsel goed met ‘n draadklitser. Verhit suiker en water in ‘n mediumgroot kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker gesmelt is. Bring suikerstroop tot kookpunt en kook vir 2 minute oor hoë hitte. Begin klits eierwitte styf terwyl stroop kook. Gooi kokende suikerstroop in ‘n dun straaltjie by eierwit
terwyl dit voortdurend geklits word. Hou aan klits tot mengsel afgekoel is. Vou eierwitmengsel by jogurtmengsel in en skep dan in voorbereide tertkors. Sit in yskas om te stol. Sit voor met
lemoenskywe.

Vetinhoud
Ek kon eintlik net die vetinhoud van die gereg noemenswaardig verander.

Verslankers

Die yskaskoek is ‘n verfrissende gereg ook vir verslankers. Die GI is laag genoeg dat selfs goed gekontroleerde diabete ‘n porsie saam met ‘n paar skywe lemoen kan geniet.

  • vshbfu

    swK1Xe liuubkhnawcw, [url=http://ouwnwjtpadbx.com/]ouwnwjtpadbx[/url], [link=http://srikslvjupqc.com/]srikslvjupqc[/link], http://bhsenenfoyzx.com/