Foto's deur Donna Lewis

Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Gestolde grenadella-roompoeding

(6 – 8 porsies)

  • 15 ml gelatien
  • 30 ml water
  • 500 ml laervet-room
  • 90 g (110 ml) suiker
  • 250 ml grenadella-jogurt
  • 5 ml vanieljegeursel
  • 115 g grenadella-pulp

sous

  • pulp van 10 grenadellas
  • 45 ml suiker

Week gelatien in water vir 5 minute. Sit room, suiker, jogurt, vanielje en grenadellapulp in ‘n mediumgroot pot. Bring tot kookpunt terwyl jy roer. Voeg geweekte gelatien by warm roommengsel en roer tot opgelos. Verdeel mengsel tussen 12 vorms met ‘n volume van 100 ml elk. Sit vir 3 – 4 uur in yskas om te stol.

Sous: Bring grenadella-pulp en suiker tot kookpunt oor matige hitte en laat prut vir 2 minute. Laat effens afkoel en verwerk tot ‘n gladde mengsel in voedselverwerker. Gooi deur sif om van pitte ontslae te raak. Skep een eetlepel pitte terug in sous. Om uit te keer: Hou vorms met gestolde room in kookwater vir 10 sekondes. Keer uit op bord en sit voor saam met sous.

Wenk: Jy kan ook mooi glase pleks van vorms gebruik. Sit net so in die glase voor met sous.