sarie_463
Nagereg

Gestoofde muskadel-kwepers

(6 porsies)

  • 4 middelslag-kwepers
  • 500 ml muskadel

Skil kwepers en sny in kwarte. Sny stronkgedeelte uit. Plaas kwepers in ‘n bak met soutwater. Dit sal keer dat die kwepers bruin word. Verhit muskadel in ‘n kastrol en voeg kwepers by wanneer wyn begin prut. Laat prut tot net sag. Laat kwepers in muskadel afkoel en hou dan in yskas tot benodig (10 – 14 dae). Sit voor met bloukaas.