sk0409yster05
Nagereg

Gestoofde perskes met amandels

(4 porsies)

  • 200 g droëperskes
  • 1 vanieljepeul, in die lengte oopgesny
  • 650 ml water
  • 30 ml heuning
  • 50 g gepelde amandels, gerooster

Plaas die perskes, vanieljepeul en water in ’n kastrol. Maak die kastrol toe en bring tot kookpunt. Wanneer dit begin kook, draai die hitte af en laat prut vir 1 uur. Verwyder die vanieljepeul en voeg die heuning by. Sit voor met Griekse jogurt en ’n klein bietjie heuning. Strooi amandels bo-op.