Gestoomde sjokoladepoeding

Gestoomde sjokoladepoeding FOTO Micky Hoyle

Nagereg

Gestoomde sjokoladepoeding

Poeding Plesier!

ń Warm nagereg in die winter bring net soveel vreugde soos roomys op  ń sonskyndag. Maak jou mense se harte bly met een van ons maklike gestoomde sjokoladepoeding

Ek het ’n ou metaal-stoompoedingpan gebruik. ’n Groot erdebak sal ook geskik wees. Die volume van die pan of bak moet 2,2 liter wees.

genoeg vir 8

• 420 g (750 ml) koekmeel
• 120 g (300 ml) kakao
• 600 g (750 ml) suiker
• 15 ml bakpoeier
• 3 eiers
• 5 ml sout
• 375 ml karringmelk
• 375 ml kanola-olie
• 7 ml vanieljegeursel
• 375 ml kookwater
• 125 g frambose (raspberries) vir garnering

BAR-ONE-SOUS
• 300 g Bar-One-sjokolade
• 250 ml room

Sif meel en kakao in mengbak van ’n elektriese menger. Voeg res van bestanddele behalwe frambose by. Klits tot goed gemeng. Spuit ’n stoompoedingpan of erdemengbak met ’n volume van 2,2 liter met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan tot so 3 cm van die boonste rand. Maak die pan toe met ’n deksel of bedek stewig met foelie. Bind foelie vas met tou om te keer dat daar stoom in die pan ingaan. (As die beslag te veel is, kan jy die oortollige in klein koekpannetjies gooi en by 180 °C bak tot gaar.) Plaas ’n kleinbordjie onderstebo in ’n groot kastrol waarin die stoompoedingpan pas. Plaas pan in kastrol en vul met kookwater tot halfpad teen pan se wand op. Plaas op stoofplaat en laat prut sowat 2 uur. Toets met dun toetspen om seker te maak dis gaar. Keer versigtig uit op opdienbord.

Bar-One-sous Sny sjokolade in blokke. Plaas saam met room in ’n kastrol. Laat smelt oor lae hitte en roer af en toe. Gooi van die sous oor die poeding en garneer met frambose. Sit res van sous saam voor.

Laai jou inkopielys af as ’n JPEG of PDF.

Gestoomde sjokoladepoeding

Gestoomde sjokoladepoeding
FOTO Micky Hoyle