Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS FEB/MRT 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Laktosvry

Grenadella-jogurt-roomys

Genoeg vir 10

• 115 g-bakkie grenadellapulp
• 100 g (125 ml) suiker
• 500 ml laktosevrye jogurt
• 250 ml laktosevrye vla
• 5 ml vanieljegeursel

Plaas grenadella, suiker en jogurt in middelslag-pot. Bring tot kookpunt en roer tot suiker gesmelt het. Verwyder van hitte en voeg res van bestanddele by. Gooi mengsel in vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Roer elke 20 minute met draadklitser. Herhaal tot mengsel dik en romerig is. Smeer plat en vries verder tot gestol. Sit balle roomys voor.