Ystervarkiekoek (FOTO: Donna Lewis)

Ystervarkiekoek (FOTO: Donna Lewis)

Nagereg

Herman se ystervarkie-koek

Koek

  • 360 g (390 ml) botter
  • 390 g (465 ml) strooisuiker
  • 5 eiers
  • 645 g (1 150 ml) koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • knippie sout
  • 400 ml melk

Sous

  • 60 ml kakao
  • 375 ml water
  • 600 g (750 ml) suiker
  • 15 ml botter
  • 500 g klapper

Vulsel

  • 300 g witsjokolade
  • 125 ml room
  • 1 x 230 g-houer roomkaas
  • 100 g donkersjokolade, gesmelt
Gooi beslag in 25cm-losboomkoekpanne Sny bokant van die koek gelyk.
1.Verhit oond tot 180 °C. Klits botter en suiker tot lig en romerig. Voeg eiers een vir een by en klits elke keer goed. Sif droë bestanddele saam en voeg om die beurt met die melk by die bottermengsel. Gooi beslag in twee 25 cm- losboomkoekpanne wat met bakpapier uitgevoer en met kleefwerende kossproei gespuit is. Bak vir 25 – 30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel 2.Gebruik ’n skerp riffelrandmes en sny die bokante van die koek gelyk. Maak sous Plaas al die bestanddele behalwe die klapper in ’n middelslagkastrol. Bring tot kookpunt en laat kook vir 2 minute.
Doop een koekhelfde op 'n slag in die stroop. Smeer roomkaasmengsel bo-op.
3.Gooi stroop in plat bak sodat dit sowat 4 cm diep is. Doop een koekhelfte op ’n slag in die stroop en gooi nog stroop met maatbeker oor as koek nie heeltemal bedek is nie. Haal versigtig uit sodat dit nie breek nie. Strooi klapper ook in ’n plat bak en sit gedoopte koek bo-op. Sprinkel klapper oor sodat hele koek bedek is. Hou eenkant en herhaal met tweede koek.  4.Plaas witsjokolade en room saam in ’n bak oor ’n pot met kookwater tot sjokolade gesmelt is. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits roomkaas tot lig en romerig en vou witsjokolademengsel by. Plaas eerste koek op opdienbord en smeer helfte van roomkaasmengsel bo-op. Sit tweede helfte bo-op en skep res van roomkaasmengsel op die koek. Gooi gesmelte donkersjokolade in ’n straaltjie bo-oor.