Foto's deur Donna Lewis

Nagereg

Heuningkoek-lekkers

(24 groot stukke)

  • 75 g heuning
  • 200 g (250 ml) suiker
  • 45 ml water
  • 10 g koeksoda

Meng heuning, suiker en water in ‘n middelslag-pot. Bring tot kookpunt en laat stadig prut tot ‘n goue karamel vorm, sowat 8 – 10 minute. Terwyl die karamel kook, plaas tinfoelie op ‘n bakplaat en spuit met kleefwerende sproei. Verwyder karamel van hitte en gooi koeksoda by. Meng vinnig deur met ‘n draadklitser en keer versigtig uit op die tinfoelie. Moenie te veel skud
of beweeg nie, die mengsel gaan ‘n goue skuim vorm. Laat dit afkoel tot hard, sowat 30 minute. Verwyder van tinfoelie en breek in growwe stukke. Sit voor as happie saam met warm melk.