Jogurt-roomys

FOTO Donna Lewis

Nagereg

Jogurt-roomys

Jy kan enige vars vrugte gebruik vir die jogurt-roomys. Ons het 6 soorte gemaak: koejawel, kersie, pynappel, kiwi-vrug, aarbeie en grenadella.

genoeg vir 750 ml

• 500 ml water
• 200 g (250 ml) suiker
• 400 g vrugte van jou keuse
• 500 ml Griekse-styl dubbelroomjogurt

FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Verhit water en suiker tot kookpunt en totdat al die suiker gesmelt is. Voeg vrug van jou keuse by en kook nog 5 minute. Verwyder van hitte en voeg jogurt by. Pols mengsel in voedselverwerker tot glad. Laat afkoel tot yskoud en vries in roomysmasjien, of maak só as jy nie ’n masjien het nie: Gooi mengsel in ’n vrieskasbestande bak. Plaas in vrieskas en roer elke 15 minute met draadklitser. Hou so aan tot die mengsel dik en romerig gevries is. Smeer gelyk en vries tot heeltemal gestol. Skep balle jogurt en sit voor.