FOTO:Donna Lewis

FOTO:Donna Lewis

Nagereg

Kaneel en suurlemoen roomys

Gebruik winkelroomys en geur dit met kaneel en suurlemoenskil.

genoeg vir 8 – 10

  • 2 liter vanieljeroomys
  • 30 ml fyn kaneel
  • gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • heel kaneelstokke vir garnering

Plaas roomys in groot mengbak en roer met houtlepel tot sagte mengsel, maar nie heeltemal gesmelt nie. Voeg kaneel en suurlemoenskil by. Meng deur. Skep
roomys in 25 cm-losboomkoekpan en smeer gelyk. Plaas terug in vrieskas tot weer gevries.

Doop pan vinnig in kookwater en keer roomys op ’n mooi bord uit. Garneer met kaneelstokke en sit voor saam met die pannekoek-koek.