Foto deur Lee Malan

SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Foto deur Lee Malan SARIE KOS APRIL/MEI 2013

Laktosvry

Karamel en piesang ryspoeding

Basiese vanieljeryspoeding
(genoeg vir 4)
gaarmaaktyd: 15 – 20 minute

  • 215 g (250 ml) arborio-rys
  • 2 x 400 ml-blikke klappermelk
  • 200 ml water
  • 50 g (60 ml) strooisuiker
  • 50 g (60 ml) sagte bruinsuiker
  • 1 vanieljepeul, oopgesny en saadjies uitgekrap, of 10 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele saam in ’n middelslag-pot. Bring tot kookpunt oor medium hitte terwyl jy aanhoudend roer met ’n houtlepel. Verlaag hitte tot stadige prut en kook mengsel sowat 15 – 20 minute of tot rys sag en romerig is. Roer elke 3 minute. Verwyder van hitte en volg verder een van die volgende variasies.

Karamel en piesang 

Fudge kan baie suiwel bevat omdat dit meestal van kondensmelk gemaak word. Kyk by gesondheidswinkels vir fudge wat laktosevry is. Diegene wat nie so erg sensitief is nie, kan gewone fudge gebruik.
(genoeg vir 4)
gaarmaaktyd: 10 minute

  • 65 g (80 ml) bruinsuiker
  • 30 ml water
  • 4 piesangs
  • 100 g laktosevrye fudge, fyngekrummel
  • 1 x basiese ryspoeding (sien resep BO)

Verhit bruinsuiker en water oor lae hitte in ’n middelslag-braaipan. Sny piesangs in lengte in die helfte met ’n skerp mes. Plaas piesangs met gesnyde kant na onder in die pan. Verhoog hitte en braai 5 – 8 minute of tot gekaramelliseer. Verwyder uit pan. Roer fudge deur warm ryspoeding tot gemeng. Skep in bakkies en plaas gebraaide piesang boop. Sit voor.