FOTO: Michael le Grange

FOTO: Michael le Grange

Nagereg

Kersfees 2015: Malvalekkers

genoeg vir 24

  • 30 ml gelatien
  • 125 ml kouewater
  • 400 g (500 ml) strooisuiker
  • 125 ml kookwater
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 250 ml versiersuiker
  • 3 borssuiker-kieries (candy canes)

Sprinkel gelatien oor koue water. Laat staan 5 minute. Skep in elektriese menger se bak en voeg suiker, kookwater en vanielje by. Klits 10 minute tot dik en skuimerig. Skep mengsel in bak
van 30 x 20 cm wat met kleefwerende kossproei gespuit is. Jy kan ook ’n kolwyntjiepan gebruik.

Laat stol 2 
uur in yskas. Plaas versiersuiker en lekkers in voedselverwerker en pols
by hoë spoed tot fyn mengsel. Keer malvalekkers uit op ’n kapplank en sny in groot blokke met ’n skerp mes. Rol in versiersuikermengsel en sit voor.

Kersfees 2015 – resepte en dekor-idees