Foto deur Donna Lewis

SARIE KOS DES2012/JAN 2013

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES2012/JAN 2013

Nagereg

Klapper-Crème Brûlée

(Genoeg vir 4)

  • 1 vanieljepeul se saadjies of 5 ml vanieljegeursel
  • 4 eiergele
  • 60 ml suiker
  • 185 ml klapperroom
  • strooisuiker vir bolaag
  • bessies van jou keuse

Verhit oond tot 160 °C. Plaas vanieljesaadjies, eiergele en suiker in middelslag-mengbak. Klits tot lig en skuimerig. Bring room tot kookpunt oor medium hitte. Voeg by eiermengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel deur sif. Verdeel tussen 4 bakkies van jou keuse met volume van 100 ml elk. Plaas in oondbak en vul bak met warm water tot halfpad teen bakkies op. Plaas in warm oond en bak 30 – 35 minute of tot gestol soos jellie. Laat afkoel in water en plaas in yskas tot yskoud. Sprinkel dun lagie strooisuiker oor elke brûlée en brand bruin met kombuis-blaasvlam. (As jy nie so ’n vlam het nie, kan jy dit ook onder ’n rooiwarm oondrooster bak tot dit ’n goue karamelkleur kry.) Sit voor met vars bessies.