Foto deur Donna Lewis SARIE KOS DES 2012/JAN 2013

Nagereg

Klapper-en-vanielje-panna cotta

ʼn Tipiese Italiaanse nagereg en een van my gunstelinge. Jy kan self kies hoe dit moet smaak, bv. vars vrugtegeure of selfs lemoenbloeiselwater.
(genoeg vir 8)

  • 20 ml poeiergelatien
  • 40 ml water
  • 1 vanieljepeul of 10 ml vanieljegeursel
  • 1 x 400 ml-blik klapperroom
  • 1 x 400 ml-blik klappermelk
  • 110 g (130 ml) strooisuiker
  • vars bessies van jou keuse

Meng gelatien en water in ’n koppie en laat staan 5 minute. Sny vanieljepeul in die helfte met ’n skerp mes en skraap saadjies uit die peul. Plaas saadjies of geursel saam met res van bestanddele buiten bessies in middelslag-pot. Meng goed met draadklitser. Bring tot kookpunt oor hoë hitte. Verwyder van hitte en roer gelatien by. Gooi mengsel in vorm met volume van 500 ml of 8 kleiner vorms van jou keuse van sowat 60 ml elk. Laat stol in yskas vir 4 – 6 uur of oornag. Doop vorm vir paar sekondes in warm water om poeding los te maak. Keer uit op opdienbord en sit voor met bessies.