Klapperbroodjies met roomys

Klapperbroodjies met roomys FOTO: Donna Lewis

Nagereg

Klapperbroodjies met roomys

Dis Kuiertyd!

Nooi jou vriende oor vir ń maklike maaltyd van vleislose geregte. Dek jou mooiste tafel en haal jou spesiale glase uit – ons gaan kuier tot die son sak

Die inspirasie vir dié klapperbroodjies met roomys kom van die Australiese kosghoeroe Donna Hay.

Genoeg vir 6

• 170 g (500 ml) fyn klapper
• 60 g (65 ml) botter, gesmelt
• 2 eierwitte
• 10 ml vanieljegeursel
• 70 g (80 ml) strooisuiker
• 1 liter roomys van jou keuse
• 100 g pistasieneute, fyngekap

Verhit oond tot 200 ºC. Plaas klapper, botter, eierwitte, vanielje en suiker in ’n groot mengbak. Meng goed. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier en spuit goed met kleefwerende kossproei. Plaas ’n 10 cm-koekiedrukker op die bakplaat en skep van die klappermengsel in die drukker. Gebruik jou vingerpunte en druk die klapper stewig vas tot sowat 5 mm dik. Lig die drukker versigtig af. Herhaal tot jy 12 sirkels het. Bak 8 – 12 minute of tot goudbruin. Verwyder die bakpapier met koekies versigtig van die plaat en laat afkoel tot koud. Skep balle roomys en plaas dit tussen die koekies. Rol elke stapel op sy sy deur die neute. Sit voor.

Klapperbroodjies met roomys

Klapperbroodjies met roomys
FOTO: Donna Lewis