FOTO's Micky Hoyle & Donna Lewis

FOTO's Micky Hoyle & Donna Lewis

Nagereg

Klassieke sjokolade-éclairs

Franse gebak.
Sowat 8 –12 Éclairs

• 100 g (110 ml) botter
• 250 ml water
• 140 g (250 ml) meel
• 5 ml sout
• 4 eiers
• 250 ml room
• 1 vanieljepeul of 5 ml vanieljegeursel
• 30 ml versiersuiker, gesif
• 100 g donkersjokolade, gesmelt
• versiersuiker om oor te sif
• bessies van jou keuse

1. Verhit oond tot 180 ºC. Bring botter en water tot kookpunt in ’n mediumgroot pot met ’n deksel op. Sif meel en sout saam op ’n stukkie bakpapier. Sodra water kook en botter gesmelt is, verwyder deksel en gooi meel met behulp van papier op een slag in.

Stap 1

Stap 1

 

2. Verlaag hitte en roer met ’n houtlepel totdat die mengsel in een bal saamkom. Die mengsel moenie meer aan die kant van die pot vassit nie. Gooi mengsel in ’n mediumgroot mengbak en laat koel af tot kamertemperatuur. Breek eiers een vir een by en meng goed met ’n draadklitser ná elke byvoeging.

Stap 2

Stap 2

 

3. Skep die mengsel in ’n versiersak. Gebruik een met ’n tuit van 1,5 cm in deursnee. Trek
10 cm-lyne met ’n potlood op bakpapier, sowat 4 cm uit mekaar. Draai dit met potloodmerke na onder en plaas op ’n bakplaat. Spuit met kleefwerende sproei. Gebruik potloodlyne as gids en spuit lang worse met beslag. Bak 30 – 40 minute of tot goudbruin en gaar. Laat koel af.

Stap 3

Stap 3 

 

4. Klits room tot sagte punte vorm. Meng versiersuiker en vanieljesaadjies by. Skep geklitste room in ’n versiersak. Sny koue éclairs in die helfte en vul met vanielje-room. Skep gesmelte sjokolade bo-op en sif versiersuiker oor. Sit voor saam met bessies van jou keuse

Stap 4

Stap 4