Foto's deur Micky Hoyle

Foto's deur Micky Hoyle

Diabeties

Lagiespoeding

(lewer 6 porsies)
porsiegrootte: ± 125 – 150 ml

  • 410 g-blik vrugtekelkie in vrugtesap (bv. Naturlite)
  • 125 ml gedreineerde vrugtesap en kookwater
  • 2 x 10 g-pakkies suikervrye jellie – bv. pynappel- of lemoengeur
  • 125 ml laevet- ingedampte melk, oornag verkoel
  • 8 (100 g) Betta Snackvolkoringbeskuitjies
  • vars kruisementtakkies
  1. Dreineer sap van vrugtekelkie in ’n maatbeker en vul aan tot 125 ml met kookwater. Verhit mengsel in mikrogolfoond by hoog tot kookpunt en verwyder. Strooi jelliepoeier oor warm vloeistof en roer tot gesmelt. Verkoel jellie totdat dit soos dik eierwit lyk.
  2. Kap helfte van vrugteslaai baie fyn, anders sal dit in die poeding uitsak, en sny ander helfte van die vrugteslaai, soos nodig, in kleiner, meer eweredige stukkies.
  3. Klits ingedampte melk tot styf, klits koue jellie by melk en vou fyngesnyde vrugteslaai by mengsel in. Laat vrugteskuimmengsel vir 10 – 15 minute afkoel.
  4. Verdeel oorblywende helfte van vrugtekelkie tussen 6 glase. Skep 2 eetlepels van die vrugteskuim bo-oor die vrugtekelkie, breek 1 volkoringbeskuitjie per glas in stukkies en versprei oor vrugteskuim. Skep res van vrugteskuim versigtig oor beskuitjielaag. Rol 2 volkoringbeskuitjies fyn, strooi oor elke porsie en verkoel tot styf. Versier net voor voorsit met ’n kruisementtakkie.