FOTO: Donna Lewis

Kosstories

Leer ken sjokolade

Ek het grootgeword met Cadbury se Top Deck-sjokolade, maar vandag kreun die lekkergoedrak eintlik onder al die keuses sjokolade. Só gebruik jy sjokolade in die kombuis!

Ek is nie net gebore met ‘n suikertand nie, maar ‘n hele mond vol! Van kleins af het ek my groente onder my omgekeerde skorsie weggesteek en ekstra plek gelos vir nagereg. As my pa my regtig wou bederf, het hy vir ons twee ‘n blikkie kondensmelk gekoop, twee gaatjies daarin gemaak en saam het ons dan die blikkie leeggesuig – soete hemel!

So natuurlik het ek ‘n groot sagte plekkie gehad vir sjokolade. Bar One was nog altyd my gunsteling. Toe ek tydens my sjef-opleiding hoor dat hulle donkersjokolade-sous bo ‘n Bar One-sous verkies, was ek geskok!

In my kop kon geen mens tog bitter sjokolade verkies bo ‘n suikersoet een nie! Daar was verdere teleurstelling gewees toe ek opgewonde my eerste ganache maak – in ‘n Tupperware-bakkie in die mikrogolfoond. Nutteloos om te sê, ek het geëindig met ‘n olielaag en bruin krummels sjokolade.

Ná baie oefen in die kombuis het ek geleer dat daar net ‘n paar dinge is om te onthou wanneer jy met sjokolade werk …

Liezl se onthou-dinge

3 soorte sjokolade

sr1004kossjokolade_310w_300w

  • Donkersjokolade bevat die minste bymiddels. In die geval van 70%-donkersjokolade dui die persentasie aan watter hoeveelheid van die sjokolade uit kakao-produk (kakao van die kakaoboon) bestaan. Die res van die sjokolade bestaan dan uit bv. melkprodukte, suiker en stabiliseerders.
  • Melksjokolade bevat minder kakao en baie meer suiker en melkprodukte om dit soeter te maak.
  • Witsjokolade bevat geen sjokolade, oftewel kakao, nie. Dit is slegs kakaobotter, die vet in sjokolade, en suiker wat gestabiliseer word.

Wenk: Donkersjokolade is ‘n natuurlike antioksidant en word as gesond beskou omdat daar min suiker en vette bygevoeg word. Gebruik dus die bitterder sjokolade vir ‘n gesonder opsie.

Wanneer jy kook met sjokolade, onthou…

Smelt sjokolade in ‘n dubbelkokerWanneer sjokolade te warm word, skei dit. Gebruik daarom ‘n dubbelkoker wat die hitte stadig versprei. As jy nie ‘n dubbelkoker het nie, plaas ‘n pot halfvol water op die stoof. Plaas ‘n glasbak wat effe groter is as die pot bo-op en bring water tot kookpunt. Maak seker dat die water nie aan die bodem van die bak raak nie. Plaas sjokolade in die glasbak om te smelt terwyl jy voortdurend roer.Hou sjokolade weg van water

Sjokolade moet nooit in kontak kom met water nie. Onthou, sjokolade is ‘n emulsie – ‘n balans van vet, soos mayonnaisse. Water gooi die balans uit en dan skei jou sjokolade.

Kook met donkersjokolade

Wanneer jy ‘n nagereg maak, is dit belangrik om die beste gehalte sjokolade te gbruik. Gebruik daarom donkersjokolade wat meer kakao bevat en daarom ‘n sterker sjokoladegeur het. Moenie dink jou nagereg gaan nie soet genoeg wees omdat jy bitter sjokolade gebruik nie, jy kan altyd ‘n ekstra eetlepel suiker byvoeg as jy ‘n suikertand het.

My gunsteling-SARIE-sjokolade-resepte

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

 

 

 

 

Sjokolade- pannekoek

 

 

 

 

 

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

 

 

 

 

 

Sjokolade-Guinness-koek

 

 

 

 

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

 

 

 

 

 

Sjokolade-en-karamel-tertjies

 

 

 

 

FOTO: Donna Lewis

FOTO: Donna Lewis

 

 

 

 

 

 

 

Kaneel-doughnuts met sjokolade

 

 

 

FOTO: Micky Hoyle

FOTO: Micky Hoyle

 

 

 

 

 

 

 

Rykste sjokolade-yskastert

 

 

 

 

 

 

 

 

Klits-en-klets-kok

Liezl

Volg my ook nou hier en kook saam:Twitter: @KlitsenKletsKokFacebook: Klits en Klets Kok

Instagram: klitsenkletskok