sarie_009607
Nagereg

Lemoensmeer

(sowat 300 ml)

  • 140 g (145 ml) strooisuiker
  • 170 ml lemoensap
  • 170 g (185 ml) ongesoute botter, in blokkies gesny
  • 4 eiergele, geklits
  • 2 eiers, geklits
  • kwart van ‘n lemoen se

fyngerasperde skil (zest) Meng al die bestanddele saam in ‘n kastrol. Verhit oor lae hitte terwyl jy roer. Laat prut vir sowat 15 – 20 minute. Jy moet heeltyd roer. Die mengsel moet dik wees voor jy dit van die hitte verwyder. Gooi dan onmiddellik in ‘n bak. Laat afkoel voor gebruik. Gebruik in tert- of meringue-doppies of sit net so voor. Garneer met lemoenskil of sit voor met geklopte room.