sarie_009577_xtend
Nagereg

Lemoenwiggies gekook in stroop

(sowat 10 – 12 wiggies)

  • 380 g (475 ml) suiker
  • 100 ml water
  • 380 g lemoenkwarte (sowat 4 lemoene)

Plaas suiker en water in ‘n kastrol. Roer oor lae hitte totdat suiker gesmelt is. Voeg lemoenkwarte by en laat prut. Keer nou en dan om. Kook sowat 35 minute totdat stroop dik en oranje is. Haal kwarte uit en laat afkoel. Sit voor met kaas van jou keuse en biscotti (koop dit in die supermark).

Om te drink: ‘n Koue glasie grand Marnier-likeur