Foto deur Donna Lewis SARIE KOS FEB/MRT 2014

Laktosvry

Lietsjie-en-vanielje-sorbet-terrien

Die vars tropiese smaak van lietsjies verfris die palet binne minute.
Genoeg vir 10

• 1 x 565 g-blik lietsjies
• 500 ml laktosevrye jogurt
• 5 ml vanieljegeursel

Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker – ook die stroop van die ingemaakte lietsjies. Puree by hoë spoed tot gladde mengsel. Gooi in vrieskasbestande bak en plaas in vrieskas. Roer elke 20 minute met draadklitser. Herhaal tot mengsel dik en romerig is. Gooi in ’n 20 x 15 cm-broodpan en smeer gelyk. Plaas terug in vrieskas en vries verder tot hard – sowat 4 – 6 uur. Doop pan vir 1 minuut in kookwater en keer terrien uit op opdienbord. Sit voor met ekstra lietsjies.