FOTO Micky Hoyle

Nagereg

Lindt 90%-sjokoladetorte + SARIE se lekkerste warm sjokolade-nageregte

Die koue weer dryf ons tot warm sjokolade-nageregte! Ons gee vir jou die 7 lekkerste sjokolade-resepte uit die SARIE-argief en toets die nuwe 90%-donkersjokolade van Lindt!

Lindt se 90% donker sjokolade-torte

  • 50 g suiker
  • 4 eiers
  • 200 g suiker
  • 100 ml water
  • 300 g Lindt 90%-donkersjokolade
  • 200 g botter

Verhit oond tot 140 °C. Klits 50 g suiker en eiers op hoë spoed vir 4 minute tot romerig. Verhit 200 g suiker en water in ‘n klein potjie en bring tot kookpunt. Verwyder van die hitte en voeg sjokolade en botter by. Roer tot glad. Vou sjokolade in eiermengsel. Spuit 4 bakkies met kleefwerende sproei en verdeel mengsel daarin. Bak vir 20 minute in ‘n waterbad. Sit dadelik voor.

SARIE se top-7 warm sjokolade-nageregte vir die winter

Sjokolade-pannekoek Sjokolade-en-bessie-broodpoeding Selfsous-sjokoladepoeding Churros met sjokoladesous Sjokolade-soufflé Sjokolade-brownie met witsjokolade-mousse Ryspoeding met donkersjokolade en lemoen