Nagereg

Maklikste sjokolade-mousse

(6 porsies)

Kap 300 g donkersjokolade fyn en bring 375 ml room tot kookpunt. Gooi room oor gekapte sjokolade en roer tot gladde mengsel. Laat afkoel tot dik maar nog nie gestol nie. Klits op hoë spoed tot dik en romerige mengsel. Gooi in opdienbak en laat stol in yskas. Sny 4 lemoene in segmente en strooi oor mousse.  Sit voor.