FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Nagereg

Malvapoeding met roomys & vla – in die mikrogolfoond!

Niks sê Sondagete soos malvapoeding met roomys en vla nie! Maklik genoeg vir die kinder om te maak vir Moedersdag bederf… 

genoeg vir 8

Sous
• 1 blik ingedampte melk
• 100 g (125 ml) suiker
• 125 ml water

Poeding
• 60 g (65 ml) sagte botter
• 200 g (250 ml) suiker
• 35 ml appelkooskonfyt
• 1 eier
• 140 g (250 ml) bruismeel
• 5 ml koeksoda
• 250 ml melk
• 15 ml asyn
• 1 liter vanieljeroomys
• 500 ml vanieljevla

Plaas al die bestanddele vir die sous in mikrogolfbestande bak en verhit tot kookpunt in  mikrogolfoond vir sowat 2 – 3 minute. Hou eenkant.

Poeding Room botter en suiker saam in groot mengbak. Voeg res van poedingbestanddele by, behalwe roomys en vla. Meng tot gladde beslag. Spuit ’n mikrogolfbestande 30 cm-ringpan goed met kleefwerende kossproei. Gooi beslag in pan en verhit in mikrogolfoond op Hoog vir 10 – 12 minute of tot poeding begin verbruin.
Laat staan in mikrogolfoond vir 3 minute. Gooi sous oor en laat intrek. Keer uit op opdienbord en sit voor met roomys en vla.

 

Daar is geen bewyse dat kos uit ’n mikrogolfoond ’n gesondheidsgevaar vir mense inhou nie, solank dit korrek werk en korrek gebruik word. En anders as wat sekere doemprofete beweer, maak ’n mikrogolfoond nié jou kos radioaktief nie.

- dr. Carl Albrecht van Kansa

  • Maritsa Hough

    En as jy nie n ringpan het nie?