Foto deur Donna Lewis
SARIE KOS APR/MEI 2014

Foto deur Donna Lewis SARIE KOS APR/MEI 2014

Laktosvry

Melktertroomys

Roomys wat soos melktert smaak, kan mos net lekker wees!
Genoeg vir 6 – 8

• 30 ml koekmeel
• 30 ml mielieblom
• 2 eiers, geskei
• 65 g (80 ml) suiker
• 1liter laktosevrye melk
• 25 g (30 ml) botter
• 10 ml fyn kaneel

Meng meel, mielieblom en eiergele in groot mengbak. Voeg suiker by en klits tot goed gemeng. Verhit melk en botter tot kookpunt in ’n kastrol en gooi by eiermengsel terwyl jy roer. Gooi mengsel terug in pot en klits oor lae hitte tot mengsel verdik en meel gaar is – sowat 8 – 10 minute. Meng kaneel by en gooi mengsel in ’n glasbak. Plaas kleefpastiek direk op mengsel en laat afkoel. Klits koue mengsel met elektriese klitser tot al die klonte weg is en mengsel glad is. Vries in roomysmasjien, of plaas in vrieskasbestande bak en roer elke 10 minute tot roomys vorm. Sit voor met vars vrugte van jou keuse.

MELKTERTROOMYS

MELKTERTROOMYS
FOTO: Donna Lewis